Krysten Prins

Curro Krugersdorp Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vir my matriekafskeid het ek hierdie pragtige, Spaans-geïnspireerde rooi rok gekies, nie net oor die elegansie nie, maar ook vir die diep persoonlike band wat ek met die kleur rooi het. Hierdie rok, met sy af-skouer ontwerp en versier met gedetailleerde krale, voel soos ’n huldeblyk aan daardie kosbare herinneringe wat ek daarmee kon hou saam met die hoë spleet aan die kant wat dit stylvol en gewaagd gemaak het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Curro Krugersdorp Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My oupa het altyd my met rooi rose gekomplimenteer, wat vir my 'n pragtige simbool van liefde en krag is. In sy eer het ek 'n kombinasie van rooi rose en wit saam met my gedra saam met my rok, as 'n herinnering aan sy onwrikbare ondersteuning tog hy nie daar kon wees nie. As ’n Christenvrou glo ek daarin om die skoonheid wat God in ons geskape het te vier, en hierdie rok weerspieël die genade en selfvertroue waarna ek streef. Die diep rooi kleur weerspieël my kragtige, maar saggeaarde persoonlikheid, en toon die balans tussen innerlike krag en medelye. Met eenvoudige nude naelkleure en hoëhakskoene, wou ek hê my voorkoms moet klassiek en tydloos bly, met die fokus op innerlike skoonheid eerder as om die uiterlike te oorlaai.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was een honderd persent die 2 lae wat ek gehad het. My ontwerper het my rok in 2 lae verdeel sodat ek die sleep om my vinger kon dra as ek dans sowel dat daar ook n ordentlike rok onderaan is, as die sleep opgetel word. My rok se af skouer deel kon afgehaal word dan was dit n heel eenvoudige bandjielose rok. al die elemente het dit vir my gemaklik gemaak om te kan beweeg en dans sonder om selfbewus te voel.

Datum van matriekafskeid?

2024-03-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media