Kristin Brink
Hoërskool Pionier



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My visie vir my matriekafskeid was ‘n rok wat presies by my persoonlikheid moet pas. Iets wat elegantheid uitbeeld, maar terselfdertyd my unieke styl vertoon. Die snit van my rok was eiensoortig van die res en ook die gemaklikste rok wat jy ooit sal teëkom. My keuse van donkerblou was gekies om my “een van n soort” gemmerrooi hare te komplimenteer. Tannie Melissa Smit het ure in my rok in gesit en dit het beslis navore gekom as n meesterstuk wat baie aandag en geduld geverg het. Ek was baie tevrede met hoe my rok by my gepas het. Jare se verwagtinge vir my matriekafskeidrok was beslis voldoen!