Kristen Roberts
Die Hoërskool Menlopark
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het die idee vir my rok gekry toe ek na 'n
Meksikaanse skoonheidskompetisie gekyk het; die
deelnemer was so uitsonderlik mooi en sy het so vurig en selfversekerd voorgekom in haar rooi rok dat dit my beïndruk het en ek in verwondering was.
Die idee van 'n vlam het by my posgevat; ek het gesien dat die A-simmetriese lyne van haar rok perfek sou werk om 'n vlam voor te stel. Verder het ek ook die idee gekry om van die fyner stukkies material te knip in beweeglike slierte sodat dit lewendig sou lyk en sou dans soos klein vlammetjies.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Die Hoërskool Menlopark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekjaar was die jaar waar ek weer myself gevind het; ek het 'n vol sirkel geloop om weer gesond oor die lewe te dink en postief te wees. Ek het gedurende graad 11, in die vierde kwartaal na Die Hoerskool Menlopark geskuif; my liggie was maar dof en ek het redelik vaal en onbelangrik gevoel, maar hierdie uitsonderlike skool het my opgetel, my afgestof, gepoets en met elke maand wat verloop het, het my liggie gegroei tot waar ek aan die einde van my graad 12-jaar weer die vuur binne my gevoel het! Ek wou 'n rok hê wat dit sou "celebrate"; ek wou wys hoe ek voel. 'n Jaar gelede sou ek dit nie waag nie, maar ek kon hierdie rok nou dra sonder dat die rok my moes dra...
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kleur en die pragtige snit bo om my nek en hals.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20