Kristen Knoetze
Midstream College
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeidrok is ’n pragtige mengelmoes van sprankelende roosgoud en sjampanje-kleurige materiaal wat die perfekte balans tussen elegant en betowerend tref. Alhoewel my ma sê dit lyk effens soos ’n trourok, voel ek die regte beskruiwing is ‘klassiek’ . Die sagte kleure gee dit ’n romantiese, dromerige gevoel, terwyl die sprankel aan die materiaal ‘n tikkie glamour en uitspattigheid toevoeg. Om my eie ‘spin’ by te voeg het ek vir die foto’s my pointe-skoene gedra, wat die ervaring vir my meer persoonlik gemaak het. 🩰❤️
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Midstream College
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my matriekafskeidrok lê in die tydlose beeldskoonheid van vrou-wees. Die klassieke ontwerp met sy sprankelende sjampanje kleurige materiaal vang vir my die essensie van vroulike elegansie en grasie. Dit weerspieël nie net uiterlike skoonheid nie, maar ook die innerlike krag en saggies van vrouwees. Die rooi lipstiffie wat ek gekies het, is vir my die simboliek van braafheid – daardie bietjie ekstra selfvertroue wat elke vrou nodig het om haar sterkste self te wees. Saam met die rooi hartjie binne-in my rok, herinner dit my daaraan dat moed en liefde altyd hand aan hand gaan.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die gunsteling deel van my matriekafskeidrok is ongetwyfeld die rooi hartjie wat ek binne-in die rok gewerk het. Dit is uitgesny uit een van my oorlede ouma se bloesies, en op hierdie manier dra ek nie net ’n stuk van haar herinnering saam nie, maar voel ek ook asof haar hart naby aan myne is. Die hartjie simboliseer ons spesiale band, en dit maak die rok soveel meer persoonlik en kosbaar vir my. Dit gee vir my die gevoel dat sy deel is van hierdie belangrike mylpaal in my lewe.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05