Klarise du Preez



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Van dat ek geweet het van ‘n Matriekafskeid het ek gedroom oor ‘n rok wat my soos ‘n prinses sal laat voel. Ek het vir die laaste 3 jaar vas geklou aan een spesifieke rok wat ek van Pintrest af getrek het. Ek het gehuiwer oor my kleur omdat ek mal is oor Rooi , maar net so mal is oor swart. Maar sedert Januarie 2022 het ek geweet “ hoe rooier hoe mooier “ .
My rok is ontwerp deur Johan Botha Fashion Designer en ek het elke oomblik waardeer wat ek saam hom kon werk . Hy het werklik die rok op die prentjie ‘n realiteit gemaak. Dis so identies van wat ek oor gedroom het. Dit was 6 maande se harde werk en baie tyd wat ons moes afstaan , maar vir ‘n rok soos myne doen ek dit weer. Die rok is ‘n ewe beeld van my persoonlikheid. Ek het geweet van dag 1 se beplanning ek wil baie detail en baie “ shimmer & shine “ in my rok hê.