Klara Lucks

Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok-keuse was vir my 'n moeilike besluit, maar ek is dankbaar dat ek gehou het by 'n baie eenvoudige ontwerp.
My rok is  eenvoudig en klasiek en daarom kon ek dit mooi komplimenteer met juwele. Die sagte vloeiendheid en waatlemoen kleur is jeugdig, vrolik, sag, maar tog opvallend.
Die rok het 'n sagte vloeiende romp met 'n hoë been split, dit was gemaklik en ontspanne.  'n V-halslyn met borsvormende plooie en 'n lae rug. Die bo-stuk is noupassend en vleiend. Opgesom sal ek dit lewendig, vrolik en jeugdig beskryf.
Ek het baie gemaklik èn baie mooi gevoel.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media