Kiara Bosch

Hoërskool Kempton Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is eenvoudig met klein elemente wat dit buitengewoon maak. My rok is gemaak van n vloeiende rooi satyn materiaal met swart kant moue op my arms, sowel as rooi hangende afskouer moue by die skouers. Die moue breek die rooi en maak die rok sy eie unieke styl. Die kant van die moue wys reg om aan die bokant van die rok. My middel is gestut met boning. ‘N stuk van die materiaal hang aan my regterkant en aan die linkerkant is die materiaal saam getrek. Daar is n slit wat gaan tot by die bo been se middel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Serengeti Golf and Wildlife Estate

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die rok is ‘n kombinasie van 2 verskillende rokke. Die rok op sy eie was geïnspireer deur een foto en die moue deur 'n ander foto. Die kleur is my gunsteling kleur. Die rok moes ‘n donker gevoel skep maar nie te veel nie. Ek het na ‘n rok gesoek wat nie te eenvoudige is nie, wat uniek en anders is . Die hoof inspirasie was ‘n rok wat my persoonlikheid uitbeeld en uniek moes wees aan myself.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die klein detail wat bygesit was om die rok sy eie styl te gee. Naamlik: Kant moue met rooi Hangende materiaal onder die middellyf aan die regterkant Saamtrekkende materiaal op die linkerkant

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media