Kelly Dempsey

Hoërskool Hugenote

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het in noue samewerking met my ontwerper gewerk om my tydskrif prentjie lewendig te maak. Die materiaal is hand gekies en elke detail is noukeurig saam gestel oor maande se lang ure en uiteidelik kon ek my droom rok aantrek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

21 September 2024

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het van ‘n jong ouderdom af geweet dat ek uit wil staan op my matriekafskeid. Hierdie rok is ‘n direkte weerkaatsing van my persoonlikheid. Ek wou altyd ‘n “one of a kind” rok gehad het, ek kan eerlikwaar sê dat my rok ‘n groot sukses was. My insperasie was my ma. My ma was altyd verlief op hierdie rok en na al die jare het ek ook verlief geraak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeid rok is om te sien hoe elke liewe detail bymekaar gekom het en hoe my visie lewendig geword het. As ek ‘n deel moet kies sal dit beslis die vloeiende “stert” wees wat elegant vloei in eenheid met my rok.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media