Keilee Fryer
Hoërskool Garsfontein
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My pragtige blou matriekafskeid rok, ontwerp deur Karen Couturier, is 'n unieke stuk wat my persoonlikheid en styl versinnebeeld. Die kleur blou het verskillende skakerings in, van helder petrol blou tot diep Marokkaanse blou, wat 'n elegante en opvallende voorkoms skep. Ontwerp: Die rok se ontwerp is 'n stylvolle A-lyn rok, wat my figuur mooi aksentueer. Dit het n “off-shoulder”ontwerp, wat 'n speelse maar tog verfynde voorkoms skep. Stof: Die materiaal is van liggewig satyn met gaas tulle oor gemaak, wat 'n vloeiende beweging skep as ek beweeg. Hierdie materiaal gee 'n gevoel van grasie en gemak. Versiering: Besonderhede soos kant afwerking met vloot blou blomme onder die gaas tulle en rok spleet het die aantrekkingskrag van my rok verhoog. Die korset bostuk was ook indrukwekkend. Bykomstighede: Ek het die rok voltooi met pragtige bykomstighede, soos glinsterende hangende oorbelle en ‘n elegante halssnoer. My skoene, swart met silwer bandjies blok hak, speel ook 'n belangrike rol in die algehele voorkoms. Hierdie elemente saam maak my matriekafskeid rok 'n werklike aand treffer, wat my selfvertroue en unieke styl laat skyn.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Garstfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die gedagte gehad om n romantiese, vloeiende snit te kies, wat n gevoel van vryheid en elegansie uitstraal. My liefde vir die lente seisoen het die blomme inspireer wat uit meeste van my rok se besonderhede bestaan. Die kleur blou is gekies omdat dit my oë baie beklemtoon.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek sal sonder twyfel sê dat dit die kant afwerking met vloot blou blomme onder die gaas tulle en rok spleet my gunsteling deel is van die rok. Sowel as die bykomstighede wat dit goed beklemtoon het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21