Keara Botha
HTS Middleburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Dit is 'n bloedrooi rok wat bestaan uit 'n kort broekpak en 'n romp wat om die middel vasgemaak word. Dir broekpak het 'n corsette vir die bolyf wat 'n driehoekige snit agter op die rug het. Die romp het 'n slit aan die linkerkant om die broek van die broekpak mooi te vertoon en het ook 'n dramatiese sleep agter.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja defnitief
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir die rok was "the lady in red". Elke goeie romcom en selfs aksie film het hierdie besonderse scene waar die hoofkarakter meisie ongelooflik lyk en almal se asem weg slaan met haar pragtige inkoms soos wat sy by die trappe af kom. Ek wou my matriekafskeid sulke oomblik maak.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die feit dat my rok multifunksioneel was. Hy kon dien as beide 'n broekpak en 'n rok. Ek kon dus later die aand heel gerieflik die romp losmaak en verwyder, my hakke uit trek en die res van die aand weg dans.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19