Kayleigh Scholtz

DF Malan Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het met ‘n klomp verskillende idees na Lena Lisa gegaan en sy het die idees gevat en bymekaar gesit in ‘n skets. Dit was wonderlik om met so ‘n talentvolle ontwerper te werk, sy het my visie tot lewe gebring! Ek wou ‘n tydlose, elegante rok wat ek nog nie van tevore by matriekafskeid gesien het nie asook ‘n rok wat ek in die toekoms by huisdanse sal kan dra, hê. Die style, kleur en algehele energie van die rok het perfek by my gepas en ek kon nie meer gelukkiger wees met dit nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media