Kayleigh Joubert
Hoërskool Lydenburg



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Met hierdie ontwerp kon ek my droom bewaarheid. Sprokiesprinses. My rok is ‘n kombinasie van verskillende idees wat ek gehad het. Hierdie is my droomrok – ek wou nooit iets anders gehad het nie. Ek het ‘n soortgelyke rok-idee op sosiale media raakgeloop. Ek het die voorbeeld (en my idees), alles in Claire Klopper se bekwame hande geplaas. Sy het dit omtower in die hierdie pragtige dusty pienk meesterstuk! Die blomme en fyn detail op die korsetdeel, is tot in die fynste besonderhede beplan en met die hand aangewerk.