Kaylee Shaw-Nell

Global Leadership Academy Jeffreys Bay

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hoe gee mens ` n meermin voete? Wel as jou ma n ontwerper is en sy sien al 18 jaar uit om die rok te maak, maklik! Die mooiste Aqua rok sal enige water nimf uit die see lok. Net soos Mamma, droom ek ook al lank oor die rok en gewoonlik as jy n droom so lank koester is die werklikheid nooit heeltemal DAAR nie. Wel die werklikheid het die keer die droom oortref. Saam met my kêrel Llewelyn was die prentjie vervolmaak. Ja nie eers Ariel se aand kon so perfek wees nie, n droom wat waar geword het, en diè meermin se drome is nog lank nie verby nie….

Dankie aan almal wat dit vir my so spesiaal gemaak het.

Rok – Cindy Shaw-Nell
Fotos – Capture every moment (Andries de Bruin)
Hare – Jeandri van Straaten
Grimering – Debbie Atkinson

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media