Kaylé Gerber

Hoёrskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ontwerper het beslis in haar doel geslaag want ek het verseker die rok van my drome gekry. Die rok komplimenteer my velkleur asook my lengte en liggaamsbou. Dit skep ‘n indruk van elegansie, styl asook ‘n tikkie waagmoed met die helder geel. Die geheimsinnigheid rondom die kleur en styl het almal verras. Ek wou graag ‘n “statement’’ maak, en ek het beslis daarin geslaag, omrede dit so buite my boksie was. Die styfpassende korset, versier met krale ingevoer vanaf oorsee, is een vir een met die hand opgeryg. My middellyf is pragtig beklemtoon en heelwat sagte kant valle wat getooi is met glitter wat na onder geval. Die spleet op my linkerbeen was net genoeg om te wys en het my rok pragtig beklemtoon. Die agterkant van die korset is styf opgeryg en het pragtig aangesluit by die geheel van die rok. Sou ek my keuse van ontwerp en kleur weer oor moes besluit, sou dit presies dieselfde gebly het!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoёrskool Stellenberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Sedert die begin van die jaar het ek die ontwerper Sherri Hill op Instagram gevolg. Die spesifieke een ontwerp, ontwerp 55500, het my oog dadelik gevang en ek het geweet dit is my inspirasie. Die dag met die materiaal aankope, het die spesifieke geel materiaal dadelik na my geroep .Die rok is so “feminine” en so ek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die deel van die matriekafskeidrok wat die meeste komplimente gewerf het, was die korset. Die korset is beslik ook my gunsteling deel aangesien dit my liggaamsbou komplimenteer en definitief die “detail” wat dit bevat.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media