Kayla van Metzinger

Hoërskool Linden

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag 'n rok gehad het wat ouwêreldse weelde uitbeeld. Iets met klassieke lyne maar tog opmerklike kenmerke het. Dit was vir my baie belangrik om gemaklik, tog stylvol te lyk. Ek het baie lankal begin beplan aan my rok en het vreeslik baie prentjies vir inspirasie gebruik. Sakke was 'n natuurlike keuse gewees, want ek voel dit skep 'n gevoel van gemak. Die slit aan die eenkant van die romp, het vir my gevoel of dit my jeugdige voorkoms ten toon stel en 'n bietjie varser en meer modern laat lyk. Ek het 'n droom gehad om 'n "ballroom" rok te hê, maar soos ek ouer geword het, het ek besef dat die tipiese "ballgown" rok nie noodwendig prakties is nie en hierdie snit en styl was vir my 'n goeie middeweg om die twee behoeftes bymekaar te bring. Die sjampanje kleur was vir my baie uniek en het daardie ekstra klassieke beeld uit gelig. Ek was mal oor my rok gewees en het soos 'n prinses daarin gevoel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Linden

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Na 'n lang gesoek en navorsing op Pinterest en vorige rokke se snitte, het ek die droomskepping raakgesien en dadelik geweet dat dit is hoe ek my rok wou hê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die sakke van my rok asook die slit was my absolute gunsteling gedeeltes van my rok. Ek was ook mal oor die wye romp wat mens die idee gegee het van 'n ballgown, maar ook terselfdertyd nie 'n afgeleefde prentjie geskep het nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media