Kayla Nel
Brackenfell Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok pas by enige styl figuur, en omdat die lewe daarbuite so duur is, het ek ook besluit dat die rok nie net vir een funksie gebruik moet kan word nie, maar ook later in jou lewe as jy na funksies of glans geleenthede toe moet gaan.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het een van my ma se aandrokke gebruik as inspirasie, groot strik agter op die rug wat uitloop in moue van die rok, dit was die begin van die idee.
Die corset wat in gebou is, verstrek struktuur aan die rok en die kant was maar ‘n kans vat, wat ek dink gewerk het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ons kon heerlik dans tydens ons matriekafskeid, as Voortrekker weet ons beslis van dans (sokkie). My metgesel is ook 'n mede voortrekker en kranige danser.
Voor die matriekafskeid het ek ook baie gehou van die fotos wat geneem was en die verskillende opstellings met temas wat ons gebruik het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19