Kayla Hurter
Hoërskool Secunda
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die ligte blou twee-stuk rok bestaan uit ñ slank hoofrok wat van bo tot onder in kristalle, soos ys, gedoop is met ñ verwyderbare sleep waar die kristalle vanaf my rok tot op die sleep vloei na onder. Die verwyderbare sleep het ñ magiese transformasie verseker deur die aand, waar ek dit kon verwyder en die hoofrok ter verskyne gekom het, wat my op die perfekte manier gekomplimenteer het. Die deursigtigheid bo het verdere diepte verseker saam met die gedetailleerde ontwerp. Alles is te danke aan “Werner Dey” en hulle hele span wat seker gemaak het dat ek die hele aand geskitter het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Secunda
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My Oupa noem my van kleins af “Blouberg” en vir dié rede het ek geweet dat my rok blou gaan wees. Dis ook al waarop ek kon besluit en toe dit tyd was om die besluit te maak of ek ñ balrok met ñ sleep of ñ slank rok soek, kon ek nie een bo die ander kies nie want elkeen het iets anders en spesiaals wat dit tot my bydra. My ma het my gevra hoekom doen ek nie net altwee nie en net daar was ek geinspireer om die merkwaardige tweestuk rok te ontwerp. Ekt geen idee gehad hoe om dit prakties uit te rig nie maar te danke aan Werner Dey, Kalib Monroe en hulle hele span, het my wildste drome ñ realitiet geword.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelling deel van my rok was die sleep waarmee ek met volle vetroue oor die loopplank kon loop by die aankoms en my laaste toespraak as hoofdogter kon lewer, en toe dit kon afhaal toe die tyd aangebreek het om die dansvloer te open. Die blou van die rok het verder nie net kalmte oor my gebring , maar ek het gevoel ek kon my stralende self wees, vreesloos en vreugdevol… terwyl ek ñ stukkie van my familie saam met my kon dra.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20