Kayla Boshoff

Hoërskool Kempton- Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het besluit om my rok te laat maak by die ontwerper, Izelle Otto Couture, want ek wou iets uniek hê wat spesifiek vir my lyf gemaak is en soos n handskoen pas. Ons het besluit op bottelgroen, want groen is ń simbool van lewe. Ek verwys na die natuur. Alles wat groen is groei en dra vrugte. So groen is vir my ñ inspirasie om nooit op te hou groei nie want eendag sal ek die vrugte daarvan pluk.

Ons het na verskeie lapwinkels gegaan op n soektog vir die perfekte lap, ons het besluit op n kraletjie lap wat in straal patrone gebead is, want ons kon die patrone van die kraletjie werk op die toppie gebruik om ‘n interessante ontwerp te doen.

Ek wou ook ‘n 2 in 1 rok gehad het, so ons het besluit om die kraletjie rok regaf en deursigtig te maak, en ‘n aparte romp bo oor te sit wat kan afkom, om bietjie drama by die ontwerp te sit. Om die groen te breek het die ontwerper verskeie skakerings van groen en goud krale gebruik om die beltjie te versier.
Fotograaf:Annalie Nel Photography

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media