Katja Kamfer

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van die begin af het ek geweet dat ek ‘n unieke rok wou hê, maar iets wat nogsteeds elegant en flambojant is. Ek het ook geweet dat ek ‘n slit en ‘n bietjie van ‘n oop rug wou het. ń Helder kleurige rok wat nie soos enige iemand anders sin sou lyk nie, was die idee. Toe ons vir lap gaan soek het, het die kleur dadelik my oog gevang en ek het onmiddelik geweet dat dit is die lap wat ek wou hê.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het al die afgelope paar jaar klomp verskillende idees gehad en gereeld op Pinterest gesoek vir inspirasie oor hoe ek my rok wou hê. Ek het egter verlief geraak toe ek ‘n rok gesien het met dieselfde valle as wat ek op my rok gehad het. Toe ons op die finale details van die rok besluit het, het ek ook besluit op ‘n oop rug en natuurlik ń slit. En so het my rok bymekaar gekom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was al die verskillende grootte valle .

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media