Katherine Sedres

Rhenish Girls' High

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Jou matriekafskeid is 'n hoogtepunt van jou skoolloopbaan en 'n geleentheid waarvan die meeste meisies al van laerskool af droom. As 'n Lentedag-baba was blomme en pastelkleure altyd deel van my droomrok se ontwerp. Ek wou graag 'n jeugdige gevoel uitstraal en wou natuurlik my prinsesdroom uitleef. Die ontwerper Lizel-Mari van Straaten het reeds vroeg vanjaar saam met my ma en ek die materiaal help uitkies. Die eindproduk is hierdie sprokiesmooi-rok met die mees ongelooflike kantwerk wat my wildste drome oortref het en my absoluut soos 'n prinses laat voel en lyk het. Ek het elke sekonde van elke minuut van my matriekafskeidfunksie op 30 September geniet en het herinneringe vir 'n leeftyd met my vriende en metgesel gemaak. Ek is ewig dankbaar aan my ouers wat my prinsesdroom help bewaarheid het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media