Die finale belsuit van die ontwerp van my rok was 'n maklike een vir my om te maak. Ek het van die begin af geweet ek wil 'n groen rok hê sodat die kleur van my groen oë kon uitstaan. Die basis van die rok was 'n envoudige ontwerp wat styf passend is tot in my middel en wat dan elegant verder afvloei, sodat dit my figuur kon komplementeer.Die romp gedeelte, wat kan afhaal, was vir "flare" om die rok meer interessant te maak. My rooi skoene was in kontras met my groen rok, maar het mooi uitgestaan en het gepas by die rooi kar waarmee ons ingestap het. Ek het pragtig en selfversekerd gevoel in my rok, en te danke aan die talentvolle Eloise van Jasmine Design in Brooklyn, Pretoria is my vissie vir die rok perfek uitgebeeld.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie van my rok, het die pad van my hoërskoolloopbaan gesimboliseer. In die verloop van die 5 jaar het ek nogal baie verander en het ek geleer om die my beste self te wees. Die kleur tot die styl en uiteindelik hoe ek gevoel het in die rok, beeld die pad wat ek gestap het in hoërskool, perfek uit.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek kan nie sê ek het net een gunstelling deel van my rok nie. Die addisionele romp het presies uitgedraai soos ek gehoop het en die rooi skoene wat perfek gepas het by die groen rok, vat beide die prys vir my gunstelling deel van my rok.