Katelyn Thatcher
Hoërskool Kirkwood



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Met ‘n liefde vir die kleur blou, moes ek iets anders en uniek doen.
In Graad 1 het ons al die maak van my matriekafskeidrok geboek by Tannie Queen Olivier, wat toe alreeds jaarliks meisies se drome laat waar word.
Met groot teleurstelling kon ons nie my materiaal en vere plaaslik kry nie en het my tannie Karin van Potchefstroom dit spesiaal in Johannesburg gaan koop en gestuur.
Die blou kleur van die rok komplimenteer besonders my rooi hare en blas vel.
Met die liefde vir sport en die buite lewe, wou ek waaghaalsig wees en het besluit op volstruisvere om my persoonlikheid te komplimenteer.
Dit was ‘n dag vol pret en ons het die aand om gedans.