Karolien Palmer

Die Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Natasha Gouws het my asemrowende matriekafskeid rok met passie en toewyding gemaak. Sy het na my idees geluister, my leer ken, en dié pragstuk geskep met haar naaldwerk vernuf en kreatiewe vermoëns om my persoonlikheid en liggaamsbou te komplimenteer.
Ek neig gewoonlik na eenvoudige lyne en helder kleure wat by my donker gelaatstrekke pas, maar hierdie oester-sjampanje kleur rok, wat van skakering verander het afhangend van die lig en agtergrond, was die perfekte keuse vir ‘n sagte, feetjie aand-rok. Die twee lae "shimmer moonlight" en "bridal tulle" het wyd uitgedraai as ek gedans het, terwyl die sorgvuldige aan gewerkte borduursel en krale op die lyf kous bo-stuk mooi in plek gebly het. Die Swarovski kristalle was ‘n keurige element wat net genoeg geskitter het om die sagte aandlig romanties te reflekteer.
Dié rok is ‘n unieke kunswerk wat ek met self-vertroue kon dra en ‘n aand om kon dans met mooi herinneringe wat ek saamneem in die volgende fase van my lewe.
Fotograaf: Ashleigh Rose Photography

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media