Karla Stieger
Hoërskool Rustenburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou graag ‘n rok dra wat gesofistikeerd, elegant en tydloos is; iets perfek vir 'n rooitapytgeleentheid. Ek het 'n duursame en delikate materiaal gekies wat kwaliteit aan die ontwerp verskaf het. Ek het ook ‘n materiaal gekies wat liggewig is met 'n sagte, gemaklike gevoel. Ek het ‘n eenvoudige neklyn en bande gekies om eerder meer fokus te plaas op die detail van rok. Die rok is bedek met glinsterende kralewerk wat beide tekstuur en elegansie byvoeg. Die krale vang die lig pragtig en gee die rok 'n stralende, sprankelende effek met elke beweging.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het Anel Botha genader met 'n paar idees , in die hoop om iets werklik spesiaal te skep. Sy het daardie aanvanklike konsepte geneem en dit omskep in 'n skouspelagtige rok wat al my verwagtinge oortref het; ‘n kombinasie van elegansie en subtiele sensualiteit. Haar skepping was nie net die mees elegante en asemrowend mooiste rok wat ek my kon voorstel nie, maar ook 'n stuk wat my persoonlikheid en visie perfek vasgevang het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Daar was geen enkele gunsteling deel van my rok nie, want elke detail was besonders. Van die kralewerk tot die elegante silhoeët, het elke element mekaar perfek aangevul het.
Om saam Anel Botha te werk was 'n hoogtepunt en meer as net die ontwerp van 'n rok. Dit was 'n ongelooflike voorreg en die kenmerkende Anel Botha-ervaring. Haar kundigheid, kreatiwiteit en aandag aan detail het my idees verander in 'n skepping met finesse en onvergeetlike glans wat soos pure “magic” gevoel en gelyk het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19