Karla Scheepers
Nelspruit Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is bont met baie blomme . Ontwerp deur Olivelli bridal boutique. My rok was eers met pienk omsoom, toe het ek besluit om dit na blou te verander, wat my oë beklemtoon. My rok was 2 weke oud toe hy deur 2 ander meisies aangepas was en hulle het nie die rok gekoop nie. Toe ek die rok aanpas het ek dadelik geweet “ HIERDIE IS MY ROK “
Oor die algemeen sou ek net Wynrooi, Emerald Groen of Konings blou kies. Ek het hierdie prentjie in my kop gehad van die perfekte rok. Iets wat ek vir myself belowe het is dat ek eers al die rokke sal aanpas, voordat ek my keuse sal maak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Almal hou van hulle veilige spasie genoem “ comfort zone” hierdie rok het my uit my comfort zone gedruk. Ek was eers skrikkerig oor die bont kleure op die rok, ek was meer opsoek na iets allerdaags en eenvoudig. Eenvoudig, wat soos n meer veilige opsie gevoel het. Jy leer meer van jouself ken as jy nie in jou veilige spasie is nie. Ander leer dele van jou ken wat hulle nie geweet het nie.
Ek het die kans gevat om iets buite my comfort zone te dra, ek het so baie van myself geleer. Ek het geleer dat ek my intuïsie moet volg. Die slagspreuke lei mos wie nie waag nie wen nie. Min het ek geweet dat hierdie bont rok, my gunsteling rok is, wat ek al ooit gedra het. Dit was definitief die regte keuse gewees om myself te druk om buite my veilige spasie te wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Eerste reaksie van al my vriendinne was : “Hierdie rok is so jy ! “ My rok was iets eie in sy soort, en niemand sou so rok gedra het nie. My gunsteling deel van die rok was ook dat my ouers gehuil het die eerste keer toe ek die rok aangetrek het. Die mooiste deel van my rok was die oomblikke waarnatoe dit gelei het.
Datum van matriekafskeid?
2024-07-20