Karla du Preez
Hoërskool Wesvalia
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ontwerp en gemaak deur Kobus Rautenbach in Klerksdorp. My rok is donker groen en ons het ʼn sequence pêrel lap gebruik met ʼn ster-aar kristal patroon. My rok het ʼn een-skouer ontwerp met ʼn oorgroot dramatiese strik op die skouer, wat ʼn elegante voorkoms aan die rok gee. My rok het ook ʼn slit, knopies aan die agterkant van die rug en ook bietjie van ʼn sleep. Die bostuk het ʼn deursigtige gedeelte voor en agter wat met steentjies bedek is, wat so ietsie vir die verbeelding los, maar wat nie te oop is nie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Wesvalia
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek was nog altyd mal oor ʼn een-skouer ontwerp, maar ek wou ook iets aan my rok hê wat dit uniek en anders gaan maak en dit is toe dat Kobus die groot strik voorgestel het. Ek wou nog altyd ʼn rooi of blou matriekafskeid rok gehad het, maar toe Kobus die groen lap vir my wys, toe weet ek dadelik dit gaan die kleur van my rok wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die rok was definitief die een-skouer ontwerp met die groot dramatiese strik. Die strik was definitief ʼn gunsteling, asook die fyn en klein details soos die ster-are wat van die oop gedeeltes na my middel en toe na my slit geloop het. Eintlik was my hele rok my gunsteling en dit was werklik die rok van my drome!
Datum van matriekafskeid?
2024-09-30