Karla Botha

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok wat ek in gedagte gehad het was totaal anders en ek wou eintlik ‘n kort rok gehad het.

Terwyl ek en my ma op pad was na die ontwerper, het ek deur nog foto’s op die internet gekyk en ‘n lang rok raakgesien. Ek het toe begin twyfel.
By die ontwerper het ek vir haar genoem ek wou ‘n kort rokkie gehad het en het verduidelik van die lang rok wat ek gesien het en het dit beskryf.
Tot my verbasing het sy my rok reeds gemaak as een van haar eie ontwerpe en dit was omtrent presies soos een op die foto!

Sy het vir my die rok laat aanpas en dit het perfek gesit! Dit was asof die droomrok net vir my gemaak is!
Als was perfek, selfs die kleur. Ek het soos ‘n prinses gevoel die oomblik toe ek dit aangetrek het!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media