Kari Slabber
Hoërskool Stellenberg



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Daar het soveel idees in my kop gemaal oor die ontwerp van my rok. Ek het seker 10 keer van gedagte verander. Die dag wat ek die swart materiaal gesien het , het ek dadelik geweet dit is die lap vir my. My keuse van die swart lap was vir my bevestig toe my oorlede oupa se gunsteling liedjie deur Mungo Jerry , Long Legged Woman dressed in black , oor die radio gespeel het!Ek hou van ‘n minimalistiese styl daarom het die lap my aandag getrek. Ek het egter ook ‘n speelse kant en dit het ek uitgebeeld deur my uitrusting af te rond met die pienk skoene.