Kara Steyn
Hoërskool Pietersburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het ń rok gesoek wat my sou laat uitstaan. My rok is uniek en ek wou dit so gehad het. Die kleur en die blaar details het my rok anders gemaak en dit het my laat voel asof ek uit n sprokiesverhaal kom. My rok het my definitief beeldskoon laat voel
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het oorspronklik ń heeltemaal ander idee gehad vir ń rok wat ek min of meer wou doen. Toe ek rokke aangepas het, het die idee van die rok nie by my gepas nie. My rok het ek laaste aangepas van 5 rokke en dadelik was ek verlief. Die corset was deel van my idee van die begin af.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Elke liewe deel van my matriekafskeidrok is my gunsteling maar die kleur het dadelik my oog gevang asook die detail op my rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-17