Kara Maddock
Hoërskool Durbanville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou iets he wat vleiend, sag, stylvol, vroulik en aan die "wow"-faktor voldoen terwyl die uitrusing terselftertyd nie net my figuur komplimenteer nie, maar ook by my persoonlikheid pas. Weens my liefde vir blou het ek en my ontwerper besluit op saffier satyn, n ryk 3-dimensionele geborduurde kant in skakerings van saffier tot middernagblou en om die blomme op die kant te komplimenteer is n middernagblou voering gebruik vir die rok.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het n rok gesien op n sosiale media platform en dadelik gehou van die A-simmetriese gebruik van die kant oor die satyn. Ek het die regte ontwerper gekry en haar vorige ontwerpe en ondersteuning het my geinspireer om vrye teuels aan my verbeelding te gee met die belofte dat alles is moontlik as dit by idees kom.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die A-simmetriese plasing van die 3-dementionele kant oor die satyn asook my regter skouerbandjie met gedetailleerde blomme-kralewerk is my gunsteling deel van die rok. Die kant is nie net die fokuspunt van die rok nie, maar skep dit n illusie van disintegrasie wat n eenheid vorm met die res van die rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19