Kamryn Grace Lowe

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ontwerper, Stanley Baptiste het my persoonlik binne 'n paar sekondes opgesom en vasgevang met diè prag-skepping van eertydse klassieke glans. Die brokaat materiaal met die flambojante rooi en goue blomme het gemaak dat die lap"gelewe" het. Dis 'n heerlike jongmeisie-skepping vol lewenslus, nes ek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

1950's. Vintage. Vars. Vrolik en uitbundig......dis wie ek is in hart en siel. Ek is vernoem na Grace Kelly en het nog altyd geglo dat ek in die verkeerde era gebore is, vandaar my obsessie met dié styl. My ontwerper, Stanley Baptiste het my persoonlikheid in 'n paar sekondes opgesom en vorendag gekom met diè pragrok van brokaat, met rooi en goue blomme wat die lap absoluut laat lewe.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat my rok 'n 3/4 lengte was, het verseker dat ek my aand ten volle kon geniet het sonder om my rok raak te dans. Die wye romp wanneer ek in die rondte gedraai het, het my supervroulik en elegant laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media