Kalica Willemse
Hoërskool Witteberg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het nooit gedink my matriekafskeidrok sal sò lyk nie. Die rok het my persoonlikheid weergee. Heeltemal iets anders tog stylvol met 'n tikkie sagtheid. Die kleur is eenvoudig maar dis die detail van elke bommetjie wat die rok maak. Die fyner blommetjies was vir my vroulik.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Witteberg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets anders hê. 'n Rok wat "wow" sê. Een waarin ek ietsie van myself kon uitbeeld. Aan die begin van die rok-soek het ek geen idee gehad watter styl ek wil dra nie. Ek het 'n paar rokke gaan aanpas en die korset snit met die wye romp het uit gestaan. Ons het lap winkel toe gegaan en daar lê die navyblou blommetjies lap op die tafel. Ek het sonder twyfel geweet dis wat ek wil hê. My ontwerper, Carike Nel, het met haar besonderse kreatiwiteit die perfekte rok vir my ontwerp.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel was verseker die feit dat as iemand na my gekyk het, hulle kon sê "Dis so jy!". Wat die hele ervaring werklik spesiaal gemaak het, is dat dit op ons matriekafskeid dag gesneeu het! Die romp het elke vlokkie gevang en dit het die finale prentjie sprokiesmooi gemaak. Al was dit ysig koud, kon niks my entoesiasme demp om myself uit te leef in my droomrok nie.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20