Ek wou graag klassiek bly, en swart was vir my die beste keuse.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, op 19 September 2024, my matriekjaar.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het gedink 'n dramatiese "look" sal perfek pas vir my visie vir my matriekrok. Toe ek die rok aangepas het, het ek geweet dis my rok. Ek was absoluut mal daaroor en dit het soos 'n handskoen gepas. My rok het 'n titsel drama en uniek alles in een.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Definitief die onderste deel, dit het so mooi beweeg as ek geloop het, en nog mooier as ek in die rondte draai. Ek was mal daaroor.