Kailen Hilpert



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek droom al oor my rok van graad 8 af. Ek het deur baie inspirasies foto’s gekyk, maar niks het vir my laat “wow” sê nie, totdat ek min of meer my eie ontwerp in my kop gehad het. Die tyd het gekom en ek het na Stephen van Eeden toe gaan met inspirasies foto’s en ‘n idee in my kop. Stephen het gevat wat ek vir hom gesê het en my droom rok ontwerp! Alles vanaf die kleur van die rok, die materiaal, die “beading” en die snit van die rok is perfek! Ek het soos ‘n absolute Hollywood ster gevoel wat oor die rooi tapyt loop by haar “movie premiere”. Die rok is niks minder as ‘n “show stopper” in my oë. Die rok is ‘n perfekte uitbeelding van wie ek is. Ek kan nie genoeg dankie sê aan Stephen en sy span wat dae lank aan my rok gewerk het en met die hand al die “beading” gedoen het nie. Stephen het ‘n meesterstuk ontwerp! Die rok het my verwagtinge oortref. ‘n Hartlike dankie aan my ouers wat my droom van ‘n rok kon laat waar word het, dit sou nie sonder julle kon gebeur nie en ek is regtig dankbaar daarvoor!