Juneane Pozyn



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Matriekafskeid – Die mees eleganste aand vir 'n Hoërskool meisie…Hoe kleur jy so prent in om soos skildery te lyk. Jy maak 'n stelling. Jy slaan mense se asem weg. Dit is wat ek wou doen. Die uitdaging was om 'n besluit te maak en daarby te hou met al die afleidings van keuses wat bekombaar is in ons huidige tyd. Ek het reeds 'n beeld gevorm van wat ek wou hê. 'n Rok wat my en wie ek is reflekteer. Ek het duisende rokke bekyk en op hierdie EEN afgekom…Dit was 'n groot gewaag, omdat dit soms bedrieglik kan wees van wat jy sien en wat jy kry. Die dag het aangebreek en die rok het gearriveer. Perfek! Dit het my soos 'n handskoen gepas! My hele voorkoms gekomplimenteer. Hierdie rok is 'n bevestiging van wie en wat ek is. Selfversekerd, Vasbeslote, Doelgerig. 'n Stelling was gemaak!