Judy Smith



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
`n Blink Rok en `n Blink Toekoms
Ek wou speel met die idee van “Old Hollywood Glam”, en dit net nog `n bietjie meer glans gee. Om die idee te laat realiseer het ek besluit om n draai by Ontwerper Erenst Shütz te maak.
Ons het koppe bymekaar gesit en op 'n ontwerp besluit. Hy het `n stywe “Bustier” bostuk rok ontwerp om my middeltjie te beklemtoon en nog Kleiner te vertoon.
My rok was uitgelê met fyn pêrel en paillette van die bo tot onder. Vir die rok se basis het ons besluit om `n sagte,fyn, glinsterende silwer materiaal te gebruik om die laag pêrel en paillette bo-oor te komplimenteer en te laat uitstaan.
Om alles mooi at te rond het ons bietjie kristal en kant op my bostuk gewerk om weereens die “Hollywood Glam” lewe te gee.
`n Rokspleet en n sleep was natuurlik `n moes en het die hele prentjie mooi voltooi.