Juanyse Van Staden

Lantern

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was alles waarvoor ek gehoop en droom het. Die aardse kleure van bruin en goud is die gronding en vestiging van my bestaan. Die hemelse kleur blou is die onbeperkte toekoms wat voor my lê om my te herinner dat enige beperkings van my eie maak is. Die rok is kort voor, en word al hoe langer agter toe, en dit verteenwoordig my skooldae van kleins af tot waar ek nou die volwassenheid betreë en my vlerke kan sprei. Ek en Tannie Vera Van Jaarsveld, van Randfontein het saamgesit en die rok ontwerp, en die materiaal gaan koop. Tannie Vera het my visie van die rok volmaak.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media