Juanette Spangenberg
Hoërskool Outeniqua



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Glinsterend, asemrowend, vleiend. Dis hoe ek my rok wou hê. Die smaraggroen en saffierblou sequins verander kleur soos die son of aandligte daarop skyn. Ek het my rok self ontwerp en Gunilla Smith het die rok gemaak. Die materiaal het dadelik my oog in die winkel gevang. Die kleurkombinasie was perfek vir wat ek wou hê en komplimenteer my oë. Die blom- en blaarpatrone op die rok wys my liefde vir die natuur. Ek het dit vreeslik geniet om my droomrok te ontwerp met die eenskouer-styl, lae rug en spleet.