Jordan Esterhuizen
Hoërskool Noordheuwel
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok het elegante pofmoue gehad wat alles net mooi bymekaar gebring het. Die blinkertjies op die bostuk, die fyn blompatrone en die elegante spleet het daarvan ’n droomrok met ’n speelse gevoel gemaak. Dit het boonop perfek by my persoonlikheid gepas.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, Hoërskool Noordheuwel
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
1 skets + een rok + een ouma = ’n wennermatriekafskeidrok! My matriekafskeidstorie het met ’n skets begin. Ek teken graag en het die prentjie in my kop op papier verewig. Ek het drie dinge geweet: Ek wou soos ’n prinses voel en lyk, dit moes ’n wye rok wees en daar moes natuurlik bling wees! Ons het vir die mense by Bilqis in Johannesburg my skets gewys en die naaste wat hulle daaraan gehad het, was ’n pragtige smaraggroen rok. Alhoewel dit nog nie presies was wat ek wou gehad het nie, het ons het dit egter gekoop en my ouma het ’n paar veranderinge aangebring sodat dit nes my skets kon lyk.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van dié rok is sy pofmoue wat my weliswaar soos ’n koninklike laat voel het. Dit het die ontplooiing van my potensiaal gesimboliseer, soos 'n blom wat in sy volle skoonheid blom. Soos ek volwassenheid betree het, het daardie moue die belofte van groei, selfontdekking, en die onwrikbare strewe na my drome verteenwoordig.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20