Joleen Cruywagen

Hoerskool Zwartkop

Tuisdorp

Rooihuiskraal

Skool

Hoerskool Zwartkop

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ons het die rok gekoop by Tres Jolie Bridal and Eveningware in Menlopark. Op die dag was die idee om net rond te kyk vir idees waarvan ek hou, maar ek was verlief op my rok met die eerste oogopslag

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die rok het my soos 'n regte Aspoesterjie laat voel, presies soos wat ek die aand wou onthou - 'n Sprokie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie rok is vir my 'n toonbeeld van vroulikheid, sagtheid and drome. Die vroulikheid word beklemtoon in die 'corsage' wat styf getrek work met 'n sigsag strik aan die agterkant van die rok. Die valle van die rok versinnebeeld sagtheid and die ligte poeierblou kleur simboliseer drome.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die aankoms by die 'venue' wat ongelooflik mooi versier was en die atmosfeer saam met al my mede matrikulante in hulle mooiste rokke en pakke. Dit was 'n oomblik om te onthou.

Planne vir na matriek

Ek gaan 'n gapjaar neem en Bejaardesorg in Engeland doen, terwyl ek besin oor toekomstige studies. En hopelik sal ek in daardie tyd dele van Europa kan sien.

Gunsteling woord in Afrikaans

Kapokaartappels. In 'n Gr8 -eksamen was een van die vrae in 'n Afrikaanse toets "Wat is die Afrikaans vir Mash" en ek het glad nie geweet nie. Kapokaartappels beskryf so mooi hoe die dis lyk - soos sneeu.

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media