Johané Coetzee
Hoërskool Zastron
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Van klein dogtertjie tyd af het gedroom oor matriekafskeid, as iemand wat die gemaklikste in ń gewone jean, vellies en geen makeup is, is dit die een aand waar ek mooi kan aantrek en myself opkikker sonder om te voel ek is nie myself nie. Ek het na ander mense se rokke gekyk en heeltyd gesoek na die perfekte rok. My rok het ń oop rug met ń slit aan die regterkant en ń kleur waarvan min mense weet, maar beslis my gunsteling is "ink blue".
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Zastron
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het van graad 1 af geweet dat ek my matriekafskeid rok wil laat maak en dat dit ń blou matriekafskeidrok moes wees. Ek het na rokkies gaan kyk en dadelik besef ek soek nie die gewone koningsblou of pastel blou nie, ek soek ń "ink blue" rok, met ń lae oop rug, nie te laag voor en nie ń hoë slit nie. Dk bridal het my droom bewaarheid deur dit so plain as moontlik te maak en my soos ń prinses te laat voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek dink nie ek het ń gunsteling deel van my matriekafskeidrok nie, maar as ek moet kies sal ek beslis sê my mooi, lae oop rug, die feit dat ek tenspyte van die koue en sneeu waarin ons matriekafskeid plaasgevind het nogsteeds soos ń prinses gevoel het in my rok en dat ek vellies kon dra en nogsteeds soos ń prinses voel. Die rok het alles net mooi bymekaar laat pas.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20