Joanita Conradie
CVO-Skool Lichtenburg



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Met my uurglas-lyf is ek maklik selfbewus oor my heupe. Met die rok kon ek met selfvertroue oor die rooi tapyt loop. My rok se fyn afwerkings het my hart gesteel, want ek het nog altyd van ‘n vroulike en romantiese styl gehou. Die rok het iets van my beklemtoon wat ek nie geweet het bestaan nie. Te danke aan “House of Superior Clothing” in Lynnwoodweg Pretoria kon ek my droomrok vind wat almal se asem weggeslaan het. Die rok het my dadelik mooi laat voel en ek wil dit graag met die wêreld kan deel.