Joané Nel
Outeniqua Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het nog altyd ‘n idee gehad oor ‘n elegante sjampanje goue rok. Die matriekafskeid was die perfekte geleentheid om my droom rok in werklike lewe te sien. Ek het nie gedink dat iemand my idees ‘n realiteit kan maak nie, maar Renè Heydon van Renèh Couture het dit moontlik gemaak en die rok kon nie meer perfek uit gekom het nie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is persoonlik iemand wat van neutrale kleure hou en verkies ‘n meer tydlose styl. Dit was belangrik dat my matriekafskeid rok my persoonlikheid en my styl reflekteer. Ek is lief is lief vir die natuur in die Tuinroete. Die see, bos en watervalle. En die rok was soos ‘n waterval wat van my af vloei. En die krale werk was vir my soos die sand van die see. Ek het aanlyn gekyk vir verskillende style en het toe al die legkaarte bymekaar gesit vir die rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die rug gedeelte wat oop was met diamant detail. Die manier waarop dit gemaak was het gelyk of die rok vanself op my lyf bly. Die detail van die rok het in verskillende lig anderste getoon en dit was ook vir my besonders.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-27