Joalize de Ruiter
Hoërskool Nelspruit



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het die ongelooflike voorreg gehad dat my ouma, Joan Lourens, my rok gemaak het. Ek het die rok saam met haar ontwerp om by die tema van Toorbos aan te sluit. Ek wou graag elegant en sag lyk met 'n bietjie waagmoed. Die rok bestaan uit 'n noupassend bostuk met 8 versterkings (boning) en die romp bestaan uit lae van vuilpienk satyn, sagte net en blompatrone. Ons het die fyn blomme en stingeltjies met die hand uitgesny en ek het dit rangskik. My ouma het elkeen met die hand vasgewerk. Dit was voorwaar 'n spesiale spanpoging wat ek altyd sal onthou. Hierdie rok was 'n droom wat waar geword het op 'n aand wat ek nooit sal vergeet nie.