Jo-li Janse van Rensburg

homeschool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my eie matriekafskeidrok gemaak! My rok is handgemaak met baie liefde en baie drome. Die ontwerp is elegant en klassiek en tydloos, iets waarvoor jy kan kyk en nie moeg raak voor nie. Die styl is eenvoudig, met die materiaal midnight blue duchess satin kon ek voel soos 'n prinses wat deur die wind dans. Die korset gedeelte is bedek met fyn blou lace en sequins details, die rug het drawstring en 'n effense trein.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Volkskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie is geloof in iets wat jy nie kan sien nie. Ek kon na lockdown in die Covid tyd nie weer terugkeer skool toe nie en moes online begin skoolgaan. Ek het nog altyd gedroom van my matriekafskeid, maar omdat ek nie betrokke was by 'n skool nie het dit gelyk asof die droom nie gaan realiseer nie. Ek het my rok begin maak met die hoop dat ek wel sal kan matriekafskeid toe gaan. Die geleentheid het toe uiteindelik op my pad gekom en ek kon gaan. Aan die einde van die proses het ek besef dat wanneer jy glo in iets en baie hard werk, sal jou drome waar word. My ander inspirasie vir my rok was om myself te kon uitbeeld en my talente uit te leef. Ek wou die prentjie op my papier lewendig maak. Na 'n jaar se ondervinding by Helena The Label hier in Potchefstroom he Helena my genoeg selfvertroue gegee en geleer om die wonderwerk aan te pak. Sy was my grootste inspirasie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die ontwerp en maak van my rok was my gunstelling deel. Elke minuut wat ek kon spandeer agter die naaldwerkmasjien en elke lace detail wat ek met die hand vasgewerk het was vir my so spesiaal. 16 ure se handwerk deur rekord eksamen… Die hoogtepunt van my rok was om te sien dat my droom lewe kry, met elke patroon en stukkie lap wat ek aanmekaar vas kon werk. Asook die algehele rok was vir my absoluut presies wat ek wou gehad het van die details tot die romp, alles was perfek!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media