Jessie Stanton-Jones

H/s Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dié turquoise rok is my eie ontwerp waar ek n verskillende bokant, agterkant en onderkant gekry het en dit kombineer het. Die rok het twee roksplete en n sleep aan die agterkant wat kan afhak om lekker gemaklik te sokkie en dans. Die voorkant wat sagte voue van die materiaal het sit iets ekstra by die rok sonder om "too much" te wees. Met die oop rug en vloeiende materiaal wat dit n "elegant look" gee. Die amazing Eljse van Standen, wat my rok gemaak het, het haarself uitdoen met my rok en my idees mooi saamgebring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ek begin soek het na idees was die kleur opsies tussen blou en groen, maar ek het gesoek na iets wat bytengewoon is. Ons het gaan kyk na materiale en toe ek op hierdie unieke turquoise kleur af gekom het toe weet ek dadelik dis my kleur. Ek wou met die ontwerp van my rok vir iets elegant gaan wat nog steeds daai "wow factor" het. Ek het n kombinasie van verskillende rokke gevat en gekombineer om my rok se ontwerp te kry. My gunsteling materiaal is nog altyd satyn so dit was n moet. Die ongelooflike mooi vloei van die materiaal gee dit ook n elegante gevoel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die agterkant van my rok is definitief my gunsting met die oop rug en sleep.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media