Jessica Herholdt
Hoërskool Ben Vorster



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Wat ‘n journey ! My droom as ‘n klein dogtertjie , is in ‘n realiteit omskep en het voor my oë afgespeel soos ‘n feeverhaal. Daardié droom is met tyd , deur legkaart stukkies , aanmekaar geweef om die mooiste fantasie te verander in die beste herinneringe. Dis merkwaardig hoe ‘n rok ‘n siel kan komplimenteer en dis presies wat hierdie rok vir my gedoen het. Flambojant , magies , spontaan. Ek sal hierdie rok elke dag aantrek as ek kan , want ek het werklik soos ‘n supervrou gevoel – asof ek enigiets kan vermag. Ek het nie ‘n rok gaan soek nie , ek het my storie gaan soek – en ek het hom verseker gekry !