Jessica Engelbrecht
Curro Uitzicht
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok was n kombinasie van n paar idees wat ek en my ma bymekaargesit het. Ons het n hele paar keer aan die rok se ontwerp verander......die eind resultant was iets uit n sprokies verhaal
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Min dinge kan jou meer fantasties laat voel, soos die gevoel van hoe jy lyk en wat jy aanhet.
Wanneer rooi op die regte manier gebruik word, straal dit n skoonheid en elegansie uit.
My rok was geinspireer deur die prinsesse van my kinderjare.
Ek wou nog altyd soos n prinses voel, en my rok met sy pragtige handborduurde pêrels asook kant blommetjies in kleure van ligblou en rooi het my soos Cinderella laat voel. Die moutjies van die rok was n pragtige afwerking vir n hedendaagse prinses van die 21'ste eeu.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok het soos n handskoen gepas en was gemaak presies soos wat ek hom wou hê.
Die detail van kant blommetjies en pêrels het die rok ongelooflik pragtig afgerond.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-10