Jesse Munna

Fairmont High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my perfekte voorkoms verkry in die vorm van ‘n nousluitende, twee stuk ensemble met ‘n korsettop en ‘n vollengte romp met ‘n hoë slit. Die rok bestaan uit ‘n blou onderlaag met ‘n swart deursigtelike bolaag. Die swart laag het steentjies op wat yl bo begin en in digtheid na die onderkant vermeerder, vir ‘n glansryke effek. Vir die korset bostuk het ons die blou binnelaag aan die buitekant, in die vorm van boning, gebruik. Nie net het die kleur die rok se struktuur beklemtoon nie, maar dit het ook my soel vel perfek aangevul en my blou oë gekomplimenteer. Ek het 'n sanguiniese persoonlikheid en ek wou hê dat my rok dit moet weerspieël. Ek dink ons het dit goed reggekry.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Fairmont High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het ‘n ontwerp in gedagte gehad en na vele maande se navorsing en verskeie foto inspirasies, het ek op ‘n spesifieke styl besluit. Ek was oorgehaal om ‘n swart rok te dra, maar gelukkig het my rokmaker, tannie Alitha van Niekerk en die materiaal winkeleienaar my van die groot fout gered! Hulle het my oortuig dat blou ‘n veel beter keuse was vir my. Ek het elke keer na ‘n konsultasie met ‘n groter glimlag huistoe gekom, ek was so gelukkig met my rok. Na baie lang ure agter die naaldwerkmasjien (en dalk ‘n bietjie bloed, sweet en trane ook) het die eindresultaat my wildste drome oortref.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die proses self – van die eerste skets tot die eindproduk – was ‘n ongelooflike ondervinding en groot pret! Ek is gaande oor my rok, en die feit dat dit uit twee stukke bestaan, is verseker 'n groot bonus! ‘n Matriekdansrok bly dikwels in ‘n kas hang; vergete. Ek vermoed egter myne (veral die bostuk) gaan nie daardie wit olifant word nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media