Jenna de Andrade

Hoërskool Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was n “mermaid tale” ontwerp gewees, met rooi rosé wat my lyf geskulptureer het in n uurglas vorm, met vleeskleur illusie kant want baie goeie kontras gegee tusseen die swart en rooi van die res van die rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ma het die rok by tannie Mercia gesien van HSC en gese daar is n rok wat my hart gaan steel. Toe ek hierdie rok sien, toe was my kniee sommer lam en my hart wou uit my keel bons. Ek het my rok gevind!! Die sagte elegante valle met die swart soom wat uitklok as 'n mens stap het 'n "Red Carpet" gevoel gegee. Die illusion kant met die blomme wat lyk of dit op n mens se lyf geplak is, het my hart gesteel. Ek wou iets anders he, iets wat niemand al gesien het nie. Die rok moes elegant wees met bietjie drama en cheeky gemeng en my 'n huppel in my stap gee.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rooi rosé was my gunsteling deel. Die rosé het my lyf n drukkie gegee en my uurglas vorm uit gebring. Dit het die rok ook net die regte hoeveelheid kleur gegee, sowel as drama en n bietjie cheekiness…En dit is presies wat ek wou gehad het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media